|
Daar
is ongeveer 120 sekondêre leerders in die sekondêre afdeling van Hoërskool Stella. Die leeratmosfeer in
hierdie afdeling dra by tot skitterende jaarlikse slaagsyfers - 98% vir
2008. Die graad 12-slaagsyfer is 100% vir die afgelope 14 jaar. In so
onlangs as 2007, het die Skool vier kandidate opgelewer wat 'n gemiddeld van
80% en hoër vir al ses hul vakke behaal het, te wete: Nadia Beukes, Yda
Engelbrecht, Carolina Storm en Fanie Kamfer. Daar is 14 beskuurskomiteelede;
die twee hoofleiers is onderskeidelik 'n dogter en 'n seun. Die huidige
hoofseun is Henrico Coetzee en die hoofdogter is Germarie Morgenrood. Twee
Verteenwoordigende Raad van Leerders-lede in elke graad voltooi die
leiergroep. Ongeveer 80% van die sekondêre leerders is in die koshuis, Huis
Esterhuysen.
Die leerders se skooldrag is hoofsaaklik grys en blou.
Merietekleure verskil effe van gewone skooldrag. Die sekondêre afdeling bied
sewe skoolsportsoorte aan naamlik: atletiek, krieket, netbal, rugby, swem,
tennis en tweekamp. Buitekurrikulêre bedrywighede wat deur buite-instansies
aangebied word, sluit in: ballet, klopdanse en hip-hopdanse,
modelklasse, klavier-, fluit- en kitaarlesse, karate en perde-uithouritte.
Kultuuraktiwiteite soos koor, redenaarskompetisie, Stella kerkjeuggroep en
toneelspel word entoesiasties ondersteun. Verskeie sosiale bedrywighede soos
die jaarlikse kaskarkaskenades, klasuitstappies, matriekafskeid,
modderbadsessies en valentynsbal sorg vir volop pret. |