HOëRSKOOL STELLA

   
    POSBUS 2, STELLA, 8650

    FOONNOMMER: 053-983-0021
 

     

Hoërskool Stella is 'n Afrikaanstalige, gekombineerde plattelandse  skool waar:

¬     Christelike waardes sentraal staan en

¬  'n holistiese onderwys- en opvoedingsbenadering voorkeur geniet. 

 Die Skool is:

¬ trots Suid-Afrikaans en

¬  werk doelgerig daaraan om die mees uitnemende hoërskool in die Noordwes- Provinsie te wees.

¬ TUIS ¬

¬TOPPRESTASIES¬   ¬LAERSKOOL¬    ¬HOëRSKOOL¬  ¬KLEUTERSKOOL¬  ¬OORSIG¬   ¬DOELSTELLINGS¬    ¬NUUSBLAD¬
 

HOËRSKOOL AKADEMIE

In die Seniorfase word die volgende vakke aangebied:

  • Afrikaans Huistaal

  • Engels Eerste Addisionele Taal

  • Wiskunde

  • Natuurwetenskappe

  • Tegnologie

  • Sosiale Wetenskappe

  • Kuns-en-Kultuur

  • Lewensoriëntering

  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Hoërskool Stella is in die bevoorregte posisie om gevestigde akademiese standaarde te hê wat daartoe bygedra het dat die Skool reeds vir die veertiende jaar kan spog met 'n 100%-matriekslaagsyfer.

Die Skool is progressief. Soos die tabel hieronder aandui is 'n verskeidenheid 'nuwe' vakke in die Verdere Onderrig- en Leerfase deur die jare toegevoeg is, wat entrepreneurskap ontwikkel en die leerders aanmoedig om globale rolspelers te word. 

 

FUNDAMENTEEL Afrikaans Huistaal
  Engels Eerste Addisionele Taal
  Wiskunde / Wiskundige Geletterdheid
  Lewensoriëntering
KEUSE 1 Fisiese Wetenskappe
  Rekenaartoepassingstegnologie
  Besigheidstudies
KEUSE 2 Inligtingstegnologie
  Lewenswetenskappe
  Toerisme
KEUSE 3 Gasvryheidstudies
  Geografie
  Rekeningkunde

Die Skool se onderrig- en leerbeleid sluit aan by die volgende kritiese vereistes wat die Departement van Onderwys aan leerders in die nuwe millenium stel:

  • Identifiseer en los probleme op deur kritiese en kreatiewe denke;

  • Werk effektief in span-, groeps-, organisasie- en gemeenskapsveband;

  • Organiseer en bestuur aktiwiteite (bv. die leerprogram) op verantwoordelike wyse;

  • Versamel, ontleed en evalueer inligting krities;

  • Gebruik Wetenskap en Tegnologie effektief in algemene leerverband.

  • Toon 'n sin vir verantwoordelikheid teenoor mense se gesondheid;

  • Toon omgewingsbewustheid;

  • Toon 'n begrip van die wêreld as 'n holistiese, interverwante stelsel waarin probleme in die geheel beskou moet word.

AKADEMIESE MERIETELYS VIR 2009

GRAAD 8
Eerste Klasposisie:  Johannes van der Linde
Tweede Klasposisie: Lourisna Vorster
Derde Klasposisie:  Maretha Strydom
GRAAD 9
Eerste Klasposisie: Petrus J. Storm
Tweede Klasposisie: Milanca Oosthuizen
Derde Klasposisie:   Marli de Klerk
GRAAD 10
Eerste Klasposisie:  Amanda Roets
Tweede Klasposisie:  Carina Cilliers
Derde Klasposisie: Cecilia Burger
GRAAD 11  
Eerste Klasposisie: Melanie Henn
Tweede Klasposisie: Jacobus Viljoen
Derde Klasposisie:   Ninette Bester
GRAAD 12:  
Eerste Klasposisie: Melanie Vosloo
Tweede Klasposisie:   Hester van der Linde
Derde Klasposisie:   Carien Jacobs