HOėRSKOOL STELLA

   
    POSBUS 2, STELLA, 8650

    FOONNOMMER: 053-983-0021
 

     

Hoėrskool Stella is 'n Afrikaanstalige, gekombineerde plattelandse  skool waar:

¬     Christelike waardes sentraal staan en

¬  'n holistiese onderwys- en opvoedingsbenadering voorkeur geniet. 

 Die Skool is:

¬ trots Suid-Afrikaans en

¬  werk doelgerig daaraan om die mees uitnemende hoėrskool in die Noordwes- Provinsie te wees.

¬ TUIS ¬

¬TOPPRESTASIES¬   ¬LAERSKOOL¬    ¬HOėRSKOOL¬  ¬KLEUTERSKOOL¬  ¬OORSIG¬   ¬DOELSTELLINGS¬    ¬NUUSBLAD¬
 

RELIGIEUS-KULTURELE BEDRYWIGHEDE

STELLA JEUGGROEP (SJG)

Hierdie groep vergader een keer per week in samewerking met die NG Kerk Stella, wat die helfte van die JOT-onderwyser se salaris betaal.  Tydens hierdie byeenkomste word aandag gegee aan die godsdienstige sy van die ontwikkeling van die leerders.

REDENAARS

Hoėrskoolleerders kry jaarliks die geleentheid om aan 'n  Redenaarskompetisie in Afrikaans en Engels deel  te neem.  Hulle kan tot op nasionale vlak meeding.

KOOR

Talle hoėrskoolleerders sing in die skoolkoor.  Die koor tree by verskeie geleenthede op en neem ook deel aan die jaarlikse koorfees.

DANS

Die volgende dansklasse word privaat aangebied:  moderne dans, ballet, klopdans en hip hop.  ‘n Groot getal leerders neem deel en leerders het al op internasionale vlak presteer.

TONEEL

Die hoėrskool, laerskool en grondslagfase is op ‘n rotasiebasis verantwoordelik vir ‘n konsert elke jaar.  Vanjaar het die hoėrskool twee eenbedrywe  op die planke gebring. Die titels van vanjaar se  eenbedrywe is: "Die trane die rol..." en "Braaiboud".

JEUGSKOU

Verskeie leerders neem deel aan die jeugskou, waar intensief met diere gewerk word.  Hulle het al tot op provinsiale vlak meegeding.