|
LEIERS
2009
Voorsitters:
Henrico Coetzee
Germarie Morenood
Reklamekomitee:
Suleth Potgieter
Carina Cilliers
Amande Roets
Sosiale komitee:
Rudi Nel
Ninette Bester
Gerrit Mentz
Sportkomitee:
Elsabe Wessels
Conrad Mentz
Lardus van Zyl
Vernuwingskomitee
Benjamin Vermeulen
Tiaan Nel
Inette Steyn
|
VERANTWOORDELIKHEDE
Verantwoordelikhede van elke komitee:
Die reklamekomitee:
Gelukwense aan leerders en onderwysers met hul verjaarsdae, asook die
aanbring van die jaarprogram op kennisgewingborde.
Sosiale
komitee:
Reël van sokkies, kampvuur-aande en vele ander prettighede vir sekondêre
leerders aan
die begin en einde van elke kwartaal.
Musiek tydens pouses.
Sportkomitee:
Reël middagprogramme vir sekondêre leerders aan die begin en einde van elke
kwartaal,
wat onder andere waatlemoenfeeste, kaskarkaskenades, koshuis-dorp-wedstryde
ens.
insluit.
Vernuwingskomitee:
Algemene herstel van bestaande strukture asook die oprig van nuwe strukture.
Verfraaiing van voortuin en hoërskoolvierkant.
Die Voorsitterseun en
voorsitterdogter dien op die beheerliggaam, asook die Verteenwoordigende
Raad van Leerders. Hul reël twee keer per kwartaal ‘n
bestuurskomitee-vergadering.
Die bestuurskomitee neem een saalbyeenkoms
per kwartaal waar. Hulle hys en stryk die landsvlag daagliks en is ook
verantwoordelik vir die opening van die skooldag Vrydae tydens vlaghysing.
Donderdae word die skooldag met skriflesing en gebed geopen. Twee lede van
die bestuurskomitee is weekliks op terreindiens. Hul tree ook die leerders
na elke pouse aan, sodat beweging na die onderskeie klasse ordelik kan
geskied. Hulle sien toe dat dissipline en orde gehandhaaf word. Hul sien
ook om na die netheid van die leerders. |
 |
|
HOOFLEIERS |
 |
|
ONDERHOOFLEIERS |
 |
|
BESTUURSKOMITEE |
|