HOëRSKOOL STELLA

   
    POSBUS 2, STELLA, 8650

    FOONNOMMER: 053-983-0021
 

     

Hoërskool Stella is 'n Afrikaanstalige, gekombineerde plattelandse  skool waar:

¬     Christelike waardes sentraal staan en

¬  'n holistiese onderwys- en opvoedingsbenadering voorkeur geniet. 

 Die Skool is:

¬ trots Suid-Afrikaans en

¬  werk doelgerig daaraan om die mees uitnemende hoërskool in die Noordwes- Provinsie te wees.

¬ TUIS ¬

¬TOPPRESTASIES¬   ¬LAERSKOOL¬    ¬HOëRSKOOL¬  ¬KLEUTERSKOOL¬  ¬OORSIG¬   ¬DOELSTELLINGS¬    ¬NUUSBLAD¬
 

 

SOSIALE AKTIWITEITE

BEESFEES

Die jaarlikse Beesfees word deur die plaaslike Beesfeeskomitee aangebied. Ons leerders neem ywerig hieraan deel en lewer gereeld mej. Beesfeeskoningine en -prinsesse op. By hierdie geleentheid word van ons leerders ook gebruik as suksesvolle modelle vir die Bruidsfees waartydens die nuutste bruidsdrag vertoon word.

KASKARKASKENADES

Die jaarlikse kaskarkaskenades word deur die Bestuurskomitee aangebied. Kaskarre word met ywer gebou en daar word besluit op temas vir die kaskarspane. Die geleentheid is soms 'angswekkend' maar volop pret word verseker.

MATRIEKAFSKEID

Die jaarlikse matriekafskeid is die hoërskool se 'Rolls Royce'-geleentheid. Die vorige tema was .... en die graad 11-leerders onder leiding van me. Bothma het baie hard gewerk hiervoor. Die leerders het soos altyd spoggerig gelyk en voorbeeldig opgetree.

MODDERBAD

Tydens die jaarlikse modderbad (sien foto op tuisblad) kry die graad 11- en 12-leerders die geleenteid om soos varke in Palestina te leef.

VALENTYNSDAG

Valentynsdag bied die jeug 'n geleentheid om die waarde van romanse en omgee vir mekaar te herontdek.

KLASTOERE EN UITSTAPPIES

Klastoere bied die leerders 'n wonderlike geleentheid om sosiaal te verkeer en dit skakel 'kwalifisering' vir 'n geleentheid om weg te breek as 'n groep uit.