HOëRSKOOL STELLA

   
    POSBUS 2, STELLA, 8650

    FOONNOMMER: 053-983-0021
 

     

Hoërskool Stella is 'n Afrikaanstalige, gekombineerde plattelandse  skool waar:

¬     Christelike waardes sentraal staan en

¬  'n holistiese onderwys- en opvoedingsbenadering voorkeur geniet. 

 Die Skool is:

¬ trots Suid-Afrikaans en

¬  werk doelgerig daaraan om die mees uitnemende hoërskool in die Noordwes- Provinsie te wees.

¬ TUIS ¬

¬TOPPRESTASIES¬   ¬LAERSKOOL¬    ¬HOëRSKOOL¬  ¬KLEUTERSKOOL¬  ¬OORSIG¬   ¬DOELSTELLINGS¬    ¬NUUSBLAD¬
 

HOЁRSKOOLSPORTKALENDER - 2009

KRIEKET

AUGUSTUS

 

 
04 teen Tierkloof te Tierkloof 13:00
11 teen Sannieshof te Stella 13:00
14 Plattelandstreek proewe te Bloemhof 13:00
20 teen Wollies B te Wollies 13:00
21 Plattelandproewe te Schweizer-Reneke 13:00
28 teen Schweizer-Reneke A te S-Reneke 13:00
SEPTEMBER    
4 teen Schweizer-Reneke B te Stella 13:00
11 teen Wollies A te Stella 13:00
18 teen Vryburg te Stella 13:00
19 Platteland Semi-finaal 13:00
OKTOBER    

10

Platteland finaal

13:00
 
ATLETIEK
OKTOBER    

14

ACNW: Ligabyeenkoms  

17

Borgebyeekoms te Zeerust  

23

Top 20: Wolmaransstad  

SPORTOORSIG

Atletiek

Stella se atlete vaar baie goed op die atletiekbaan. Op die jaarlikse TOP 20 van Hoërskool Hartswater wen ons die kompetisie vir klein skole en algeheel eindig ons gereeld onder die top 5!

Op die Sewehoekige / Interhoër atletiekbyeenkoms verower Stella verskeie toekennings waaronder die Verhoudings trofee (seuns, dogters en totaal) en verwerf verskeie atlete individuele toekennings.

Jaarliks neem sommige van Stella se atlete deel aan nasionale byeenkomste nl. Die SA Skole kampioenskap en die SA Junior en Jeug kampioenskappe.



Netbal

Dit gaan voor die wind met die hoërskool netbal! Stella skryf 6 spanne in vir wedstryde teen die omliggende skole. Die 1ste en 2de spanne is gereeld liga-wenners en die O/14 en O/15 spanne volg mooi in hul voorgangers se spore t.o.v. liga-wenners. Verskeie spelers van Stella neem deel aan provinsiale en nasionale toernooie.


Rugby

'n Groot hoeveelheid seuns speel rugby. Heelwat seuns neem aan verskeie proewe deel.


Krieket

Dit gaan baie goed met Stella se krieket. Gedurende die 2008 seisoen het die O/18-span die NW 2de liga gewen. Heelwat seuns verteenwoordig jaarliks provinsiale/streekspanne op verskeie toernooie.


Swem

Ons het ʼn groot groep swemmers wat gereeld aan galas deelneem en baie goed vaar.
Verskeie van die swemmers kwalifiseer ook gereeld om aan die verskeie “Levels” deel te neem. Van hierdie swemmers het ook al op hierdie byeenkomste medaljes verower, nl. Marteli Mentz en Steven-Jansz Bothma. Daar word ook gereeld van hierdie swemmers in die NW Skolespan opgeneem om aan die SA Skole kampioenskap te gaan deelneem.



Tweekamp

Jaarliks is daar ʼn groot groep leerders wat aan die tweekamp deelneem. Daar word jaarliks van hierdie atlete gekies om vir die NW Tweekampspan aan die SA Kampioenskappe te gaan deelneem.
Die afgelope twee jaar het Hoërskool Stella ook ʼn SA Kampioen opgelewer nl. Marteli Mentz.
Marteli neem ook aan Biathle deel en het reeds vir 3 jaar al aan die Wêreldkampioenskap deelgeneem waar sy 2 jaar 3de en een jaar 4de geëindig het.



Tennis

Die hoërskool het 4 spanne wat vir die liga inskryf.
Verlede jaar het 3 van die spanne hul liga gewen en deurgedring na die volgende rondte. Hoërskool Stella het ook al ʼn NW tennisspeler opgelewer nl. Nadia Vermeulen.