Dagprogram
:
07:00 – 08:00 Aankoms
08:00 – 08:30 Bybel lees en liedjies sing
08:30 – 09:00 Register en Broodjie tyd
09:00 – 09:45 Skeppende aktiwiteite (Kuns)
09:45 – 10:00 Opruim en toiletroetine
10:00 – 10 45 Buitespel ( Pouse)
10:45 – 11:00 Opruim en toiletroetine
11:00 – 11:30 Kring
11:30 – 11:45 Binnespel
11:45 – 12:00 Storietyd
12:00 12:15 Vertrek |
|
Ekstra aktiwiteite:
Daar word elke Donderdag vir die kleuters rekenaar klasse aangebied deur
Rinico. Vrydae word daar Beaux Arts vir die kleuters aangebied waar hul dan
die mooiste kunswerke maak.Sport:
Sport wat vir die kleuters aangebied word sluit in atletiek, bulletjie rugby
en Poplap Netbal
Kleuters neem deel aan Bulletjie en Poplap Netbaldae waar elke spannetjie
dan minstens 3 tot 5 wedstryde speel. |
Uitstappies:
Daar word 4 uitstappies per jaar vir die kleuters aangebied - 1 per kwartaal.
Hoogtepunt van die jaar:
Die Kleuterskool bied jaarliks ‘n vrolike Lentetee aan, waar al die mamma’s
dan heerlik saam kan kuier, terwyl die kleuters hul met liedjies en rympies
vermaak.
Ons bied ook elke jaar ‘n heerlike watersportdag aan, waar al die kinders
dan lekker in die water baljaar.
Ons hou elke jaar ‘n groot konsert en Diplomaplegtigheid aan, waartydens ons
die kinders vir hul jaar se harde werk beloon. |
Skooldrag:
Kleuters trek elke Maandag en Vrydag hul skool Golf-hempie aan. Seuns dra
hul groen hempies en dogters hul geel hempies.
Klasverband:
Daar is ‘n klassie vir die 3- tot 5-jariges , wat deur Juffrou Christelle
van den Berg behartig word.Hier leer die kleuters om vaardighede soos knip,
plak, verf en teken te bemeester.
Daar word ook volgens temas gewerk, waar die kleuter meer oor himself en die
groot wye węreld leer. |
Graad R:
Die graad R klas word deur Juffrou Linda de Klerk behartig, waar die
kleuters voorberei word vir Graad 1. Hier werk ons in temas volgens die
Nasionale Graad R-kurrikulum.
Die kleuters leer vaardighede van Geletterdheid, Gesyferdheid en
Lewensvaardigheid aan. |