HOëRSKOOL STELLA

   
    POSBUS 2, STELLA, 8650

    FOONNOMMER: 053-983-0021
 

 - TUIS -

¬TOPPRESTASIES¬   ¬LAERSKOOL¬    ¬HOëRSKOOL¬  ¬KLEUTERSKOOL¬ ¬OORSIG¬   ¬DOELSTELLINGS¬    ¬NUUSBLAD¬

¬KLASFOTO'S¬
 


Daar is ongeveer 175 leerders in die laerskool afdelng van Hoërskool Stella. Die leeratmosfeer in hierdie afdeling dra by tot skitterende jaarlikse slaagsyfers - 98% vir 2008. Die laerskool word verdienstelik aangevul deur Trapsuutjies Kleuterskool waarin daar onder ander 'n graad R-klas is wat die nasionale kurrikulum volg. Daar is 8 prefekte in graad 7. Die huidige hoofseun is Jay-Jay Storm en die hoofdogter is Annamie Strydom. Ongeveer 80% van die laerskoolleerders is in die koshuis, Huis Esterelita. Die leerders se skooldrag is hoofsaaklik grys en blou. Merietekleure verskil effe van gewone skooldrag. Die laerskoolafdeling bied sewe skoolsportsoorte aan naamlik: atletiek, krieket, netbal, rugby, swem, tennis en tweekamp. Buitekurrikulêre bedrywighede wat deur buite-instansies aangebied word, sluit in: ballet, klopdanse en hip-hopdanse, modelklasse, klavier-, fluit- en kitaarlesse, karate en perde-uithouritte. Kultuuraktiwiteite soos koor, operettes en toneelspel word entoesiasties ondersteun. Verskeie sosiale bedrywighede soos die jaarlikse klasuitstappies, sokkies, speletjies- en fliekaande sorg vir baie pret.
 

¬SPORT¬  ¬KULTUUROORSIG¬ ¬AKADEMIE¬ ¬LEIERSKAP¬