Nuus uit die Personeelkamer

about img

Hoërskool Stella verwelkom drie nuwe lede op hul personeel vir 2018

Johan Barkhuizen word aangestel as terreinbestuurder en sportafrigter.

Johan was sportsbestuurder by Hoërskool Hugenote in Springs. Hy was betrokke by die krieket-, tennis-, en diskusafrigting. Hy is ook 'n gekwalifiseerde Luiperdskeidregter en afrigter vir die Valke se o/19 rugbyspan.

Ockert Du Pisani word aangestel vir die VOO- en Seniorfase. In sy eie loopbaan het hy graad 6 (Musiek Teorie), en graad 8 (Klavier) geslaag. Ook sy LLB graad in Regte en NGOS (Wiskunde en Engels) voltooi.

Kobus Swart word aangestel vir Senior- en Intermediêrefase . Hy het in sy eie loopbaan vir die Noordelikes rugby gespeel en ook vir die Griekwas o/19 PUK week en VKB Reitz week uitgedraf. Hy is betrokke by rugby-, krieket- en atletiekafrigting.

Mnr. Barkhuizen, Mnr. Du Pisani en Mnr. Swart gaan inwonende personeellede by Hoërskool Stella se koshuise wees. Mnr. Barkhuizen en Mnr. Du Pisani by Huis Esterhuysen (hoërskool koshuis) en Mnr. Swart by Huis Estrellita ( laerskool koshuis).

Ons sien baie uit na 2018, dit is 'n groot jaar in Hoërskool Stella se geskiedenis omdat ons die skool se 100ste bestaansjaar vier.

Personeel foto

Personeel

Voor vlnr: mev. Marlene Byleveld, mnr Bredenkamp Bruwer, mev Laetitia Beukes (Skoolhoof), mnr Christo van Rensburg en mev Christa Vermeulen
Middel vlnr: mnr Julian Fincham, mej Elrien van Zyl, mev Ansie Scholtz, mev Corné Moolman, mev Gerda Bothma, mev Alida Croucamp, mev Martie Steyn, mej Ramona van der Merwe en mnr Hendrik Jacobs
Agter vlnr: mev Amanda Storm, mnr Hennie Vorster, mev Zana Kotzee, mev Hanri Malan, mev Elmarie Scholtz, mev Antionette Niemann, mev Venessa van Ronge en mev Linda Cilliers

Personeel

Mev Laetitia Beukes

Skoolhoof

Tel:053 983 0021

Epos: skoolhoofstella@lantic.net

Mev Antionette Niemann

Administrasie: Finansies, inskrywings en oorplasings

Tel: 053 983 0021 druk

Epos: adminstella@lantic.net

Faks: 086 559 0092

Mev. Venessa van Ronge

Sekretaresse, Bemarking en Komunikasie.

Tel: 053 983 0021

Epos: stellasport@lantic.net

Mnr Johan Barkhuizen

Terrein- en Sportbestuurder

Tel: 053 983 0021

Epos: stellasport1@lantic.net