|
|
TOPPRESTASIES |
|

Top Tweedeliga krieketspan
in Noordwes Provinsie!
Die hoërskoolkrieketspan het vir die eerste keer in die skool
se bestaan 'n provinsiale Tweedeliga-reekstrofee
verower deur Hoërskool Klerksdorp se tweede span oortuigend te klop.
Hierdie topprestasie was 'n spanpoging duisend.

Puik
rugbyspeler
Rudi Nel het vanjaar die Noordwes Akademiespan
verteenwoordig. Verskeie ander spelers het die NW-platteland en NW-Bokkiespanne
gehaal.
|
 |
|
Top
Atletiek vir 2009
Top 20 Byeenkoms te Hartswater
Op Saterdag, 14 Februarie
2009,
het ons Top 20-span weer aan die jaarlikse Hartswater Top 20-byeenkoms
gaan deelneem.
Ons
wen die klein skole kompetisie weer loshande
vir die 24ste maal.
In
die proses klop ons baie groter skole soos Vryburg, Kalahari, Kathu en
Landbou. Aangesien dit ‘n spankompetisie is, is medaljes nie belangrik
nie, maar die punte wat elke spanlid verdien. Ons top puntemakers was :
Anneke Kamfer
met 1745, Rudi Nel met 1495, Marteli Mentz met 1470, Noppie Jacobs met
1460 en Marizaan Bester met 1445 punte.
Anneke Kamfer (regs op foto) is amptelik die vinnigste dogtersatleet wat
die Skool opgelewer het. Sy het in haar hoërskoolloopbaan die
100m-naelloop in 'n handtyd van 11,8 sekondes genael.
Ses
provinsiale atlete vir 2009!
Drie laerskoolatlete en drie hoërskoolatele het in 2009
provinsiale kleure in atletiek verwerf. Hulle is
Jean-Marie Niemann vir hoogspring, Danie Maree vir spiesgooi,
Francois Crafford vir gewigstoot,
Marizaan Bester vir hoogspring, Anneke Kamfer vir naellope en
Noppie Jacobs vir naellope, driesprong en verspring.
Die Skool hoop om in 2010 te verbeter op hierdie grootse poging.
|
|
|
TOPPRESTASIES |
|
 |
|
Derde beste biathle-atleet
in die wêreld!
Marteli Mentz verower op 1 November 2008 vir
die tweede agtereenvolgende jaar die bronsmedalje tydens die
wêreldbiathle-kampioenskapsbyeenkoms in Kaapstad. (In 2007 sy het sy die
bronsmedalje in Monaco verower.) Dit is voorwaar 'n topprestasie om die
derde beste Biathle-atleet in die wêreld te wees. (Biathle is 'n
kombinasie van landloop en swem).
Stella se tweekampatlete het
ook fenomenaal presteer tydens die SA-kampioenskap in Paarl
in Maart 2009 toe 7 van
die 8-provinsiale Stella-atlete meer as 2000 punte in hul twee items
behaal het. Marteli Mentz het 'n goue medalje verower. |
|
|
 |
|
Puik
Dansers!
Hoërskool
Stella dansers wat by die plaaslike Annelize Lazenby dansskool dans neem,
het uitmuntend presteer.
Vrydag en Saterdag, 24 en 25 Julie 2009
IFAA SA Kampioenskappe te Klerksdorp: Adriaan Lazenby en Hanri Panther
het aan die kampioenskappe deelgeneem. In die uitdunrondtes, Vrydag,
moes hulle 85% in hul vak behaal om deur te dring na die semi-finale
Saterdag. Hulle het deurgedring en hulle moes Saterdag, 90% behaal om
deur te dring na die finale wat op Donderdag en Vrydag, 6 en 7 Augustus
in Pretoria gehou sal word.
Adriaan se prestasie was soos volg: ballet - 90,33%, moderne dans - 90%
en klopdans - 90,67%
Hanri se prestasie was soos volg: Hip Hop - 92,67%
|
|
 |
|
0/13-rugbyspan verower liga
Die 0/13-rugbyspan
het die 2009-liga vir kleiner skole in die Noordwes-Provinise saam met
laerskool Schweizer-Reyneke verower. In die proses het hull met
laerskole soos Christiana afgereken, Die spannetjie het ook aan 'n
interprovinsiale bondedag in Kompatiepoort gaan deelneem.
|
|
|
TOPPRESTASIES |
|
 |
|
Matriekklas
van 2008 doen
dit weer!
Hoërskool Stella se trotse rekord is nog ongeskonde. Die matriekklas van
verlede jaar het gesorg dat die skool die veertiende jaar na mekaar ‘n
100% slaagsyfer het. Baie geluk aan die klas en ook aan die onderwysers
vir al die harde werk. As die tipe van uitslae nie leerders na ons skool
toe trek nie, dan weet ek nie so mooi nie.
Melanie Vosloo (foto bo) is die toppresteerder vir 2008.
|
|
 |
Top Tweekampatleet
in Suid-Afrika
Stella se tweekampatlete het
fenomenaal presteer tydens die SA-kampioenskap in die Paarl toe 7 van
die 8-provinsiale Stella-atlete meer as 2000 punte in hul twee items
behaal het. Marteli Mentz het 'n goue medalje verower.
|
|
 |
|
0/15
netbalspan skud Potch
In 2009 was dit die o/15’s wat die mense
in Potchefstroom laat kennis neem het van Stella.
Hierdie tonele het op 5 Junie tydens die
Platinumtoernooi afgespeel.
Ons span klop Koster, Girls High en Rustenburg. In die semi-finaal speel
hulle teen Swartruggens en rans hulle behoorlik
af. Toe het die spannetjie
eers vlam gevat. In die finaal speel hulle teen Potch Gimmies, en leer
hulle ‘n behoorlike netbal les. Hulle klop vir Gimmies en word so
gekroon as die o/15’s se Noordwes Platinum wenners. Baie geluk aan juf
Christa en haar span. Welgedaan!
Die 0/19-span het slegs in die finaal vasgeval.
|
|
 |
Hoërskool Stella bied vanaf 2009 mini-hokkie aan vir
dogters. Die vordering is verstommend.
|
|